![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
---|
MENTORSKAP
AGTERGRONDNa 20jr in bediening as leraar by Moedergemeente George, het die Here hierdie roeping (t.o.v. Mentorskap) op Willem Badenhorst se lewe, so sterk kom bevestig dat hy hom beskikbaar verklaar het om sy bedieningsfokus volledig aan te pas.Van die begin van sy bediening af was naby verhoudings met mense vir hom kosbaar. Deur persoonlike betrokkenheid, kursusse en talle aksies, is heelwat mense begelei om by spesifieke bedieninge betrokke te raak en so deel te word van die werking van die liggaam van Christus.Gedurende die laaste tien jaar (1994 – 2004) van sy bediening as gemeenteleraar het die ontstaan van geloofsgesinne ‘n belangrike fokus in sy bediening geword. 2003 en 2004 het die Here gebruik om die geweldige behoefte aan geestelike begeleiding onder sakelui baie duidelik op sy hart te druk. Die gebrek aan genoegsame rolmodelle in die samelewing maak die behoefte aan mentors uiters noodsaaklik. Willem is oortuig dat dit die roeping van die KERK (liggaam van Christus) is om hierin voor te gaan, daarom was hy bereid om self vanaf 1 Julie 2004, in die geloof, die treë in die rigting te gee.
IMPLIMENTERINGOm hierdie bediening suksesvol te implimenteer is ‘n paar sleutel dinge nodig:
As jy vir Willem sou vra waarvoor kan ons vir jou bid, sal hy altyd sê: “dat ek die Here se stem duidelik sal hoor... en dat ek die ‘guts’ sal hê om te doen wat Hy sê.”
GROEI Ons glo die visie moet uitgerol word na ander dele ook, nie net Suid Afrika nie. Ons vertrou die Here om ook in ander gebiede leiers op te rig wat met hierdie visie kan identifiseer sodat hande gevat kan word en ‘n wesenlike impak op die wêreld gemaak kan word.
|