![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|||
---|---|---|---|
|
Willem Badenhorst
|
||
|
|||
Kairos bediening (Kairos: ‘n Griekse word wat beteken:Tydig, Betyds, ‘n Spesifieke seisoen)
Missie: Om Mense deur Mentorskap Te begelei om te Lewe met Impak
FOKUS Sakelui en ander leiers uit die gemeenskap wat deur die Gees van die Here aangewys word.Mense wat vandag moet leiding neem is so onder druk.Hulle het gewoonlik niemand om mee te praat of net as klankbord te gebruik nie. Dis baie keer ’n ontsaglike eensame lewe.Om jou geloof midde-in hierdie situasie uit te leef, is nie so eenvoudig nie. Dit verg heelwat meer as bloot net ’n preek op Sondag of ’n dagstukkie soms wanneer die tyd dit toelaat...
Mense fokus baie keer net op oorlewing of sukses, terwyl ‘n betekenisvolle lewe (“significance”) eintlik saak maak.
Hierdie bediening wil graag help om ‘n lewensstyl by leiers te kweek Sodat hulle kan LEWE MET IMPAK !! Lewe: ‘n Mens se hele lewe moet getuig dat jy ‘n volgeling van Jesus is. Jou woorde en dade by die kerk, huis, werk, ens. moet altyd getuig dat jy nie aan jouself behoort nie, maar aan Christus (Rom 14:8).
Impak: Help mense om hulle Godgegewe potensiaal te bereik. Dit begin deur dit vir jou eie huisgesin in die eerste plek te doen/wees. Daarna vir die mense by die werk. Daarna die wyer kring. |
|||